|

AfriForum se Belfast-tak kies nuwe bestuur

Die AfriForum-tak in Belfast het op 7 September 2021 gereorganiseer en ’n nuwe bestuur aangewys. Die takbestuur bestaan uit David Spohr (voorsitter), Jaco van der Merwe (ondervoorsitter), Hani van der Westhuizen (tesourier) en Joani Visagie (sekretaris).

Die nuwe bestuur het reeds met die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit vergader om sekere probleme soos riolering en die toestand van die paaie aan te pak. Daar word ook beplan om binnekort ’n projek van stapel te stuur om die algehele netheid van Belfast te verbeter.

Inwoners wat deel wil vorm van die nuwe bestuur of wat by van die takprojekte wil inskakel kan vir Spohr kontak by 082 495 3040.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings