|

AfriForum inspekteer Modimolle-rioolaanleg

AfriForum se takke in Modimolle en Mookgophong het op 8 September 2021 ’n eerste inspeksie by die Modimolle-rioolaanleg gedoen as ’n belangrike eerste stap ná ’n adviesooreenkoms vroeër met die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit gesluit is.

Volgens James van Zyl, AfriForum se takvoorsitter in Modimolle, is die aanleg in ’n haglike toestand en sal daar dringend stappe gedoen moet word om die aanleg weer werkend te kry.

“Ons span deskundiges gaan die aanleg eersdaags besoek om ’n volledige oudit te doen en aanbevelings maak vir ingrypings in die kort-, medium- en lang termyn. Daarna moet die herstelwerk en kundige bestuur van die aanleg dringend begin,” verduidelik van Zyl.

Lucas Bornman, AfriForum se takvoorsitter in Mookgophong, verduidelik dat AfriForum nou meer as ooit ’n belangrike waghondrol speel om toe te sien dat die munisipaliteit die hofbevel wat onlangs verkry is, uitvoer.

“AfriForum se adviesrol beteken nie dat ons waghondrol afgewater word nie. Dit is eerder ’n bykomende rol om die advies uit ons eie geledere aan die munisipaliteit beskikbaar te stel om te help en te verseker dat die hofbevel volledig uitgevoer word en dat die gemeenskap waarde vir belastinggeld kry,” sê Bornman.

Soortgelyke plasings