|

AfriForum: Vaalrivier elke dag in groter moeilikheid

AfriForum het vandag ’n brief aan Senzo Mchunu, minister van Water en Sanitasie, gerig nadat dit aan die lig gekom het dat riool steeds op verskeie plekke in die Vaalrivier gestort word.

AfriForum het heelwat klagtes ontvang oor die agteruitgang in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, veral met betrekking tot besoedeling in die Vaalrivier. Lindiwe Sisulu, voormalige minister van Water en Sanitasie, het vroeër bekendgemaak dat Rand Water in samewerking met rioolsuiweringsaanlegte nou in beheer is van die situasie in die Vaal en ook verantwoordelik is vir die opknapping van die pompstasie om al die rioolstortings in die Vaalrivier en omliggende waterbronne te stop.

“Die Departement van Water en Sanitasie hou ’n rookskerm voor. Die minister kondig byna elke jaar aan dat ’n maatskappy, organisasie of staatsinstelling die probleem onder die loep gaan neem. Indien al die geld wat reeds bestee is bymekaar getel word, kon die probleem lankal opgelos gewees het,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

AfriForum het verskeie versoeke in sy brief aan die departement gerig onder meer om dringend ’n vergadering met die departement te belê om die kwessie te bespreek en aksieplanne voor te lê.

AfriForum het ook ’n hand na die departement uitgereik om hulle te help met raad en advies vanuit die organisasie se spesialistedatabasis.

Soortgelyke plasings