Help AfriForum om die Tshwane-metro tot verantwoording te roep.

AfriForum se Noord van die berg-tak loods ’n petisie teen die Tshwane-metro namens lede in die Pretoria-Noord-omgewing.

Die Tshwane-metro verrig tans geen instandhouding in die Wonderboom-poort en -duikweg nie. Dit is die hoofroete na Rachel de Beerstraat, wat mense gebruik om Pretoria-Noord binne te kom.

  • Daar word gesloer met die voltooiing van die Areyeng-busstasie.
  • Die rommel wat tydens die bou van die busstasie gegenereer word, word nie verwyder nie.
  • Die sypaadjies word nie onderhou nie.
  • Die onkruid en gras word nie verwyder nie.

Ons benodig jou steun om ’n memorandum aan die Metro te oorhandig sodat hulle aandag aan die probleme kan skenk.

Teken ons petisie hier:

Soortgelyke plasings