| |

Vullisterreinoudit: Gauteng bo blink onder stink

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal.

Slegs 7 uit die 14 vullisterreine wat in Gauteng geoudit kon word, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Só vergelyk die vullisterreine in Gauteng:

Volgens Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid, is die meeste vullisterreine in Gauteng gemeet aan die nasionale vereistes in ’n aanvaarbare toestand. “Sommige terreine in Gauteng word uitstekend bestuur en onderhou, en dit is veilig vir lede van die publiek om hierdie fasiliteite te gebruik. Ongelukkig is daar twee kante aan ‘n muntstuk; die toestand van ander vullisterreine in Gauteng is kommerwekkend. Dit word grootliks toegeskryf aan wanbestuur, kontrakteurs wat nie betaal word nie en onwettige aktiwiteite.”

“Die algemeenste en grootste probleem wat AfriForum-takke in Gauteng tydens hierdie oudit opgemerk het, is die zama-zamas se onwettige mynbedrywighede. Verder dra die regerende party se wanbestuur van vullisterreine by tot die probleem. Dit is ’n groot bron van kommer aangesien die munisipale amptenare van Gauteng nie tot verantwoording geroep word nie.

Munisipale verval is aan die orde van die dag en dit is duidelik dat veral kleiner munisipaliteite onder grootskaalse wanbestuur gebuk gaan.

Hierdie situasie kan daaraan toegeskryf word dat die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) deur drie verskillende regeringsfere beheer word. Die nasionale departement het slegs bevoegdheid om op nasionale vlak wette, beleide, norme en standaarde vas te stel, maar hulle het geen bevoegdheid op provinsiale of munisipale vlak nie. Die provinsie rapporteer aan die provinsiale LUR, nie aan die minister nie. Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) en die DBVO kommunikeer nie met mekaar nie en bring dus nog ʼn uitdaging mee.

Klik hier en lees die volledige verslag.

Soortgelyke plasings