|

Nuwe brandbestrydingstoestel groot bate vir Piet Retief-buurtwag

AfriForum se Piet Retief-buurtwag het op 12 April ’n nuwe toestel ontvang om brande te bestry. Toestelle soos hierdie stel buurtwagte in staat om klein vure vinnig te blus voordat dit verder versprei en groter skade aanrig. Dié toestel is vinnig om te laai en hoogs mobiel.

Die toestel kan ook aangewend word om brandende bande en asblikke tydens stakings te blus. Dit help ook dat ontwrigtende aksies soos onluste vinniger en meer doeltreffend opgeruim kan word.

“Met die verval van nooddienste oor Mpumalanga heen is toestelle soos hierdie nodig om vinnig klein vure te beheer en só kan skade beperk word,” sê Jan Botha, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak.

Inwoners word versoek om AfriForum in die Piet Retief-omgewing te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings