|

Inbreker loop sy rieme styf 

AfriForum se Pionier-buurtwag in Pretoria het op 5 Julie in samewerking met Extra Secure-veiligheidsdienste ’n verdagte, wat vermoedelik met ’n aantal inbrake verbind word, in hegtenis geneem. Die arrestasie het om 11:00 in Kritzingerstraat in Meyerspark plaasgevind.

Die verdagte is die afgelope paar maande by verskillende inbrake op kringtelevisie in hierdie woongebied opgemerk. Danksy goeie samewerking tussen die verskeie rolspelers het hy uiteindelik sy rieme styfgeloop. Die verdagte was in besit van ’n sak vol gesteelde goedere, wat saam met hom aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Silverton oorhandig is.

“Die enigste gereedskap wat gemeenskappe benodig om misdaad te bekamp, is georganiseerde strukture en gemeenskapsamewerking. Hierdie arrestasie is ’n baie goeie voorbeeld daarvan,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

AfriForum sal voortgaan om verhoudings te bou met instansies soos Extra Secure om nog suksesse te behaal.

Raak vandag by AfriForum se Pionier-tak betrokke deur ’n epos te stuur na pioniers@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings