|

AfriForum se Strand-BUURTWAG ry meer as 2 000 km tydens Augustus-patrollies

AfriForum se Strand-buurtwag het in Augustus altesaam 2 333 km en byna 258 ure in Strand gepatrolleer om die veiligheid van die gemeenskap te verseker. Tydens hierdie patrollies het die buurtwaglede op verskeie voorvalle gereageer waaronder ’n huisbrand, ’n vermeende voorval van huishoudelike geweld, ’n padwoedevoorval en talle motorongelukke. Die Strand-buurtwag het ook ’n motoris gehelp wie se voertuig se enjinkap oopgewaai het en die voertuig se windskerm gekraak het.

Tydens Augustus het die Strand-buurtwag ook in samewerking met Gordon’s Bay Security Trust, AM Security, Vetus Schola en Fidelity ADT bewusmaking geskep oor gemeenskapsveiligheid. Veldtogte soos dié versterk die bande tussen AfriForum-buurtwaglede en ander sekuriteitsmaatskappye. Goeie samewerking tussen hierdie partye is ook belangrik om misdaad te bekamp.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag.

Soortgelyke plasings