|

AfriForum se Walker Drive-buurtwag help om inbraak te verhoed, trek verdagte vas

AfriForum se Walker Drive-buurtwag het op 15 November 2023 ’n verdagte persoon, wat in ’n inwoner se erf was, vasgetrek nadat hulle op ’n noodroep op ’n veiligheidsgroep gereageer het.

Een van die patrolleerders het die verdagte persoon opgemerk toe die verdagte oor die woning se muur gespring het. Die patrolleerder kon daarin slaag om die verdagte vas te trek. Atlas- en Citywide Security was binne minute op die toneel om die patrollielid te ondersteun.

“Danksy die patrollielid se vinnige optrede en die nodige kommunikasie kon die verdagte suksesvol gearresteer word. Deur die goeie samewerking wat die buurtwag met die verskillende rolspelers het, kon daar vinnige ondersteuning aan die lede gebied word. Dit help ons om ’n daadwerklike verskil in ons gemeenskap te maak,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

AfriForum versoek alle gemeenskappe om by hul plaaslike buurtwagstrukture betrokke te raak om sodoende na hul eie veiligheid in samewerking met ander veiligheidsdienste om te sien, sê Van der Walt.

Klik hier en sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan.

Soortgelyke plasings