|

Lichtenburg-tak gebruik byna 9 ton teer om slaggate te herstel

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het behoorlik gewoeker om die paaie in dié dorp op te knap gedurende Augustus. Die tak het altesaam 273 slaggate herstel en 8.75 ton teer gebruik om dit reg te kry.

Laerskool Burgersdorp het 2 ton teer aan die tak gegee om te help om ’n reuseslaggat in die parkeerarea te vul. Die tak het ook die parkeerarea se strepe oorgeverf en groot oliedromme ingespan om die area af te sper sodat vragmotors nie hier kan stop nie. Die voetoorgang en spoedhobbels voor die skool geverf.

Die tak het ook in Kortstraat, agter Laerskool Lichtenburg, 87 slaggate herstel, in Transvaalstraat 108 slaggate en in Breëstraat 78 slaggate. Laerskool Burgersdorp, Hans Nel Bande en NWK het die teer en ander materiale verskaf om hierdie projek suksesvol te maak.

“Hierdie projek wys hoe doeltreffend ons iets kan doen wanneer ons besluit om self moue op te rol en aan die werk te spring. Ons is dankbaar vir die ondersteuning van die skole en plaaslike sakeondernemings wat gehelp het om hierdie projek moontlik te maak. Só help ons om padveiligheid in die dorp te bevorder,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Die volgehoue sukses van ons projekte is te danke aan die samewerking tussen AfriForum en die plaaslike gemeenskap. Ons moedig steeds inwoners aan om betrokke te raak deur skenkings en deur spesifieke strate vir herstelwerk te nomineer. Saam kan ons verseker dat Lichtenburg se paaie in ’n goeie toestand bly,” sê Pine Pienaar, projekleier AfriForum se projekleier in Lichtenburg.

Besoek www.wordlid.co.za en kies Lichtenburg as jou tak. Om betrokke te raak by toekomstige teerprojekte kontak vir Pienaar by 082 371 5312 of vir Jan Buscop by 082 200 8075.

Soortgelyke plasings