AfriForum-buurtwag in Barberton gestig


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 26 Mei 2017 ’n buurtwag in Barberton gestig nadat daar tydens ’n openbare vergadering besluit is dat ’n buurtwag benodig word om toenemende misdaad in die dorp te bekamp.
Die buurtwagbestuur bestaan uit Johan Liddle (voorsitter), Gideon Nel (operasionele voorsitter) en André Cloete (sekretaris), en vorm deel van die groter AfriForum-takbestuur in Nelspruit waarvan Christo Peyper die voorsitter is.

“Ek glo dat die stigting van ’n AfriForum-buurtwag ’n keerpunt in die geveg teen misdaad in Barberton is. AfriForum-buurtwagte het ’n reputasie van goeie dissipline en samewerking wat tot op die hoogste vlak van die SAPD strek. Die veiligheid van Barberton se gemeenskap is in goeie hande,” sê Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Raak by AfriForum se buurtwag in Barberton betrokke: SMS “Barberton” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings