AfriForum se Hospitaalpark-buurtwag trek vermeende inbreker vas


Op 27 September het een van AfriForum se Hospitaalpark-buurtwagpatrolleerders onraad vermoed toe hy op pad huis toe ’n persoon oor ’n muur sien spring het. Nadat hy die patrolliegroep in kennis gestel het, het hy die verdagte in die hoek van ’n erf aangekeer, waarna die verdagte hom met ’n mes aanval het. Die patrolleerder het homself verdedig, die mes by die verdagte afgeneem en die verdagte onder arres geplaas.
Die SAPD is daarna ontbied en dit het aan die lig gekom dat die verdagte gesoek word in vorige inbraakgevalle in die area.

“AfriForum versoek alle gemeenskappe om by hul plaaslike buurtwagstrukture betrokke te raak om sodoende na hul eie veiligheid in samewerking met ander veiligheidsdienste in hul omgewing te begin omsien. Sluit dus vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan,” sê Joseph Renaud, AfriForum se distrikskoördineerder in die Rosestad.

SMS “Buurtwag” na 31481 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings