|

AfriForum-buurtwag en Forum Sekuriteit fnuik boef se plan

Die AfriForum-buurtwag in Durbanville en Forum Sekuriteit het Sondagoggend ’n vermeende inbreker verhoed om sy planne deur te voer.

Die kwaaddoener het die perseel van AfriForum se kantore in Durbanville binnegekom en Forum Sekuriteit het hom op die sekuriteitskameras gewaar. AfriForum se Durbanville-buurtwag en protospan is in kennis gestel en hulle het onmiddellik reageer om die kwaaddoener vas te trek.

“Te danke aan almal se vinnige reaksie en ons goed geoliede veiligheidsnetwerk kon ons die oortreder arresteer voordat hy verdere skade kon verrig. Ons moet stelsels in plek sit wat mense se vermoëns kan versterk om in hierdie tipe omstandighede op te tree,” sê Leendert Stoop, lid van AfriForum se Durbanville-buurtwag en voorsitter van die Durbanville-tak.

Kontak Stoop by 074 513 6199 of besoek www.wordlid.co.za om by die AfriForum-strukture in Durbanville betrokke te raak.

Soortgelyke plasings