|

AfriForum-buurtwag in Nelspruit hou gemeenskap veilig

Die AfriForum-buurtwag in Nelspruit het reeds vroeg in November hulle deel gedoen om die gemeenskap van Nelspruit veilig te hou. Op 4 November het die buurtwag ’n vermeende dief wat by ’n voertuig ingebreek het vasgetrek. 

Die verdagte is vasgetrek ná hy op 3 November by ’n voertuig ingebreek het terwyl die voertuigeienaar besig was om ’n park skoon te maak. Die voertuigeienaar kon suksesvol inligting aan die buurtwag verskaf oor die verdagte. Die buurtwag het die verdagte in ’n park opgespoor waar hy geslaap het en hom gearresteer.

Die buurtwag het ook op 1 November ’n verdagte voertuig by die SAPD aangemeld ná buurtwaglede die voertuig tydens hulle patrollie op verkiesingsdag opgemerk het. Die voertuig is later deur die SAPD afgetrek en gekonfiskeer vir verdere ondersoek.

“Hierdie is net weereens ’n bewys dat doodgewone mense ’n groot verskil in hulle woongebiede kan maak en help om mense se veiligheid te verseker,” sê Buks van Greunen, AfriForum-buurtwaglid in Nelspruit.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS jou naam na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings