|

AfriForum se Ermelo-tak help om voedselnood te verlig

Die AfriForum-tak in Ermelo het onlangs gehelp om voedselnood op verskeie plekke in die dorp te verlig. Dié tak het altesaam 145 kg groente aan Ermelo Outreach geskenk om te help met die verspreiding van voedsel in die gemeenskap.

Die groente wat geskenk is sluit in 50 kg spinasie, 50 kg aartappels, 15 kg wortels en 30 kg uie. Ermelo Outreach gaan dié groente versprei na Gesinne in Nood, die CMR Kinder- en Jeugsorgsentrum asook die SAVF om te help met hulle onderskeie projekte.

Die spinasie kom uit AfriForum se groentetuin in Bethal en was deel van ’n oes van sowat 200 kg – daar is ook voedsel van Bethal na Hendrina verskuif.

Daar is ook ’n kontantskenking gemaak aan die Laerskool J.J. van der  Merwe om vir hul koskasprojek aan te wend.

“Daar is groot nood in ons dorp en ons dankbaar dat ons ’n verskil kan maak en mense op hierdie manier kan help,” sê Renier van Heerden, AfriForum se takvoorsitter in Ermelo. 

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS jou naam na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings