AfriForum-buurtwagte aan Wes-Rand en in Vaaldriehoek neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Roodepoort, Vanderbijlpark en Randfontein het op Vrydag, 20 Julie 2018 aan die burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.
Tydens dié patrollie het 146 patrolleerders van dié AfriForum-buurtwagte in 92 voertuie byna 4 070 km afgelê en drie voorvalle suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer. Twaalf ander veiligheidsinstellings het saam met AfriForum aan die patrollie deelgeneem, onder meer gemeenskapspolisiëringsforums, sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en ander privaat buurtwagte.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie slegs op die staat vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Ungerer af.

SMS “Buurtwag” na 45352 (R1).

Soortgelyke plasings