AfriForum se Kathu-tak reorganiseer


Die AfriForum-tak in Kathu het op Woensdag 16 Mei ’n reorganiseringsvergadering gehou.
Die volgende lede is tot die takbestuur verkies: Johan Snyman (voorsitter), Peet Venter (ondervoorsitter), Annetjie Snyman (sekretaris), Koos Liebenberg (tesourier), Riaan Kernekamp (plaaslikeregeringsake), Gerhard van Zyl (gemeenskapsveiligheid) en Charlottha Payne (omgewingsake).
Snyman sê dat hy en die bestuur daarna uitsien om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

“Dié tak se fokus is op veiligheid, die aanpak van swak munisipale dienslewering en gemeenskapsgedrewe inisiatiewe,” sê Snyman.

Raak vandag nog by AfriForum se Kathu-tak betrokke: SMS “Kathu” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings