AfriForum-buurtwagte in Groot-Marico neem aan nasionale massapatrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Groot-Marico – wat Mooinooi en Koster insluit – het op 20 Julie 2018 in samewerking met die SAPD, sekuriteitsmaatskappye, paramediese dienste en ander privaat buurtwagte aan dié burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Tydens dié patrollie het 83 patrolleerders verbonde aan die onderskeie buurtwagte meer as 4 090 km in 64 voertuie afgelê.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, asook die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Charné Blignaut, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groot-Marico.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleenlik vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke en word sodoende deel van die oplossing,” sluit Blignaut af.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak of -buurtwag aan: SMS “Buurtwag” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings