AfriForum-buurtwagte in Stellaland neem aan nasionale patrollie deel


Ses AfriForum-buurtwagte uit die Stellaland-streek – Biesiesvlei, Bloemhof, Christiana, Delareyville, Schweizer-Reneke en Vryburg – het die afgelope naweek aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Meer as 220 patrolleerders het ’n afstand van 4 402 km in 1 244 man-ure afgelê. In die meeste gevalle was die SAPD en ander sekuriteitsmaatskappye ook betrokke en geen ernstige voorvalle is tydens die patrollie aangemeld nie.
Emil Strydom, lid van die Schweizer-Reneke-buurtwag, is met afloop van dié geleentheid met ’n medalje vir sy heldedaad vereer ná hy verlede jaar tydens ’n soortgelyke patrollie gewond is.

“Dit is ’n riem onder die hart om te sien dat gemeenskappe toenemend verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid aanvaar en besef dat ons te alle tye paraat moet wees,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

SMS “Veilig” na 45350 (R1) om by jou AfriForum-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings