Bosse
|

AfriForum verfraai Vryburg met volhoubare skoonmaakprojekte

Die AfriForum-tak in Vryburg het gedurende die eerste twee maande van 2024 al 3,83 hektaar se gras gesny in ’n poging om ’n veilige omgewing vir hierdie gemeenskap te skep.

Meer as 24 leë erwe, die konsentrasiekamp-begraafplaas en die plaaslike privaat hospitaal se aansig is opgehelder nadat AfriForum se Vryburg-tak dié persele se gras gesny het. Op die leë erwe is onnodige struike ook verwyder en bome is gesnoei. Die privaat hospitaal het die tak genader om die gras hier te kom sny sodat die helikopter-vlieëniers makliker kan land. Die gras in die oop stuk veld langs die Tosca-pad is ook gesny en weer netjies gemaak. 

“Elke projek wat die tak aanpak, het nie net ’n daadwerklike verskil op die omgewing nie maar ook op die inwoners se veiligheid. AfriForum se Vryburg-tak streef daarna om die omgewing skoner en veiliger vir almal te maak. Die tak beplan verskeie ander projekte wat deur die loop van die jaar aangepak gaan word en wil graag die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Raak vandag nog by AfriForum se takke betrokke en help om jóú omgewing te beveilig en skoner te maak. Besoek gerus AfriForum Vryburg op Facebook om meer inligting oor die projekte te kry.

Soortgelyke plasings