|

AfriForum en Saai skenk voer aan brandgeteisterde gebiede

AfriForum en die familieorganisasie, Saai, het gedurende Augustus hulp verleen aan boere wat deur die verwoestende brande in Pietersburg geraak is.

Ongeveer 30 000 ha het afgebrand en meer as 2 000 beeste en bokke asook 1 900 wild het in die slag gebly,  terwyl ten minste 17 boere die negatiewe impak van dié brande eerstehands beleef het. Een van die grootste behoeftes was voer vir die oorlewende diere. AfriForum en Saai het ’n vragmotor gereël en 360 bale voer na brandgeteisterde gebiede aangery.

“Die gemeenskap is dinamies en niemand moet hulle onderskat nie. Daar word reeds ’n tweede rit met nog meer voer vir verligting vir die diere en boere beplan. Indien meer van die gemeenskap betrokke wil raak, kan hulle ’n donasie maak,” sê Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Soutpansberg.

AfriForum en Saai is hard aan die werk om vir die slagoffers van die veldbrande in Limpopo verligting te bring. Indien die gemeenskap ook wil saamspan, kan donasies in die volgende rekening inbetaal word:

AfriForum NPC

Eerste Nasionale Bank          

Rekeningnommer:          623 498 98398

Takkode:         261550

Verwysing:      Brande in Limpopo

Soortgelyke plasings