AfriForum-gemeenskapsveiligheid in Vryheid patrolleer 3 085 km


Die veiligheidstrukture van AfriForum se Vryheid-tak het in Februarie ’n totaal van 3 085 km in hul dorp en die omliggende gebiede gepatrolleer. Tydens dié patrollies het die tak ook gehelp om die dorp tydens betogings te beveilig en op verskeie ander insidente gereageer.

“Ons veilgheidspan het in net een jaar tot ’n aktiewe groep patrolleerders gegroei wat hul gemeenskap met toewyding en in samewerking met die plaaslike SAPD dien. Ons goeie verhouding met die SAPD is vir ons uiters belangrik om tot ons voortdurende suksesse by te dra,” sê Gavin Minott, voorsitter van AfriForum se veiligheidsportefeulje in Vryburg.  
“Ons is trots om te sien hoe ons veiligheidstrukture reeds gegroei het. Ons nooi meer mense uit om deel van sowel hierdie strukture as ons radionetwerk te word,” sê André van der Walt, voorsitter van AfriForum se Vryheid-tak.

Ondersteun AfriForum om jou gemeenskap te help: SMS “Vryheid” na 45267(R1). Stop vir uitteken.

Soortgelyke plasings