| |

AfriForum help om Voortrekkermonument te beveilig tydens herdenking van Vrede van Vereeniging

Die herdenking van die Vrede van Vereeniging is op 31 Mei op verskeie plekke oor die land gevier. Dié vredesverdrag is in 1902 deur verteenwoordigers van die Boere en die Britte geteken om die Anglo-Boereoorlog te beëindig. Hierdie dag is ook by die Voortrekkermonument in Pretoria herdenk.

AfriForum se Gemeenskapsveiligheidafdeling in samewerking met die AfriForum-buurtwagte van Wes-Moot, Centurion en Moreletapark het deelgeneem aan ’n veiligheidsaksie by die Voortrekkermonument tydens die herdenkingsaktiwiteite.

’n Berede-eenheid en snuffelhonde is saam met die patroleerders ontplooi wat die terrein in voertuie en op fietse gefynkam het.

Die hele operasie is beheer deur ’n Gemeenskaplike Operasionele Sentrum (GOS) wat ontplooi was by die Voortrekkersaal.  Die operasie het goeie blootstelling gegee aan die deelnemers en geen kriminele insidente het plaas gevind nie.

Die Gemeenskapsveiligheidafdeling bedank die Voortrekkermonument vir die geleentheid om hul by te staan.

Soortgelyke plasings