AfriForum herstel slaggate in Naboomspruit


AfriForum se Naboomspruit-tak, tesame met die Gholf Park Inwonersforum, het sedert Januarie 2018 meer as 280 slaggate in dié dorp herstel. Dít vorm deel van ’n reeks projekte wat AfriForum se Naboomspruit-tak geïdentifiseer het om die dorp te verbeter. Meer as 300 sakke teer is tydens hierdie projek gebruik.
Volgens Phillip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, is dié aksie te danke aan goeie samewerking tussen die takbestuur en inwoners wat ’n verskil wil maak.

“Ons het baie hulp van die gemeenskap gekry om die projek suksesvol af te handel. Rooiberg Asphalt het ook die teer teen ’n groot korting aan ons verkoop. Dit is weereens ’n bewys dat gemeenskapsamewerking positiewe resultate oplewer.”
“Ons het die munisipaliteit genader om ons met die projek te help, maar hulle was net vir twee dae betrokke. Dit het ons egter nie gekeer om die projek suksesvol af te handel nie,” sê Neels van Vliet, sekretaris van AfriForum se Naboomspruit-tak.

Soortgelyke plasings