Maand van Selfstandigheid-veldtog: Potchefstroom-tak herstel 106 slaggate


AfriForum se Potchefstroom-tak het gedurende Oktober ’n totaal van 106 slaggate herstel as deel van dié burgerregte-organisasie se Maand van Selfstandigheid-veldtog. Dié tak is welbekend vir sy slaggatprojek wat heeljaar plaasvind en het in 2017 al meer as 2 000 slaggate herstel.
Dirk Venter, takbestuurslid van AfriForum se Potchefstroom-tak, en sy span herstel soggens tussen 5:00 en 8:00 die dorp se paaie. Alle materiaal wat gebruik word, kan aangekoop word danksy die maandelikse bydraes van Potchefstroom se AfriForum-lede.

“Die tak en inwoners van Potchefstroom is baie trots op Dirk en sy span en is dankbaar vir die verskil wat hulle in die gemeenskap maak. Ons bedank ook elke lid vir hul bydraes wat aksies soos hierdie moontlik maak,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraalstreek.

Raak by die Potchefstroom-tak betrokke: SMS jou naam na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings