AfriForum Jeug hou Kerspartytjie vir minderbevoorregte kleuters


AfriForum Jeug se Maties-tak het in samewerking met dié jeugorganisasie se Wes-Kaapse dorpstrukture op 22 November 2018 ’n Kerspartytjie vir minderbevoorregte kleuters by die Voortrekker-kleuterskool in die Strand gehou.
Die burgerregte-organisasie se Helderbergkom- en Stellenbosch-tak was ook by dié aksie betrokke en het gehelp om wors te braai. Lede van hierdie takke het saam die kleuters aan tradisionele speletjies soos sakspring en eierloop deelgeneem. AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het die worsrolletjies en koeldranke geborg, terwyl die organisasie se Helderbergkom-tak ’n gelukpakkie vir elke kleuter gekoop het. AfriForum se Stellenbosch-tak het weer op hulle beurt gesorg dat elke kleuter ook ’n geskenkpakkie ontvang.

“AfriForum Jeug skep ’n gesonde bymekaarkomplek vir jongmense en daarom wil ons meer by hierdie kleuterskool, asook by ander kleuterskole in die gebied betrokke raak om sodoende hoop vir hierdie kinders te skep. Dit was lekker om te sien hoe die gemeenskap betrokke raak om ’n aangename geleentheid vir die kinders te kon hou,” sê Jenise Janse van Rensburg, voorsitter van AfriForum Jeug se Maties-tak.

Raak vandag nog by AfriForum Jeug betrokke – besoek ons webtuiste by www.afriforumjeug.co.za en maak sodoende ’n verskil.

Soortgelyke plasings