AfriForum Jeug lê klagte teen EFFSC-betoging by die UV


AfriForum Jeug het vandag ’n klagte teen die studente van die EFFSC (EFF Students Command) by die Universiteit van die Vrystaat (UV) aanhangig gemaak. Dít volg nadat EFF-studente aan die UV vandag begin betoog het. Talle klasse en toetse is tydens die betoging ontwrig en sowel studente as personeel is deur betogers aangerand.

“AfriForum Jeug het ’n dringende skrywe aan Pura Mgolombane, dekaan van studentesake, gerig waarin ons vra dat hy onmiddellik teen die betogers optree om seker te maak ander studente se veiligheid en reg tot onderrig word nie geskend nie,” sê Chantelle du Preez, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir tersiêre instellings.

Die betogers het ook Marchelle Malan, voorsitter van AfriForum Jeug se Kovsies-tak, gedreig dat hulle haar sal bykom indien sy die video’s teen hulle sou gebruik.
AfriForum Jeug se Kovsies-tak sal die nodige stappe volg en klagtes met die nodige bewyse by die UV indien.

Soortgelyke plasings