AfriForum se Kakamas-tak rig skrywe aan Coghsta oor munisipale bestuurder


AfriForum se Kakamas-tak het ’n skrywe aan die departement vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (Coghsta) gerig om in te gryp nadat die tak inligting ontvang het dat Izak de Waal, die munisipale bestuurder, nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie.

Die tak wil dié proses volg om seker te maak dat die bestuurder oor die nodige kwalifikasies beskik.

“Ons moet seker maak dat ons gemeenskap se belange op die hart gedra word,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Die raad het die munisipale bestuurder van Desember 2017 tot Februarie 2018 aangestel en het ook aan Coghsta geskryf vir toestemming om hom aan te stel. Coghsta het aanbeveel dat die bestuurder nie aangestel word nie, maar hy is egter steeds in die pos. Die tak versoek dus dat Coghsta die saak verder ondersoek en die nodige stappe doen.
Gee AfriForum se Kakamas-tak die mandaat om die munisipaliteit aan te pak. SMS “Kakamas” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings