|

AfriForum kies loodskomitee vir Bronberg-tak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n loodskomitee verkies om die Bronberg-tak op die been te bring. Hierdie tak sluit die volgende areas in: Donkerhoek, Rhenosterfontein, Kleinfontein, Boschkop en Tweedracht.

Dié tak is reeds met die beplanning van aksies besig wat hulle in die nabye toekoms van stapel gaan stuur. Die takbestuur versoek ook die gemeenskap om by dié tak betrokke te raak.

Daar sal vroeg in volgende jaar ’n verkiesing gehou word om die finale bestuur vir die Bronberg-tak te verkies. Die loodskomitee bestaan uit Stefan Wiese (voorsitter), Herman Bauling (ondervoorsitter), Robert Hanekom (tesourier) en Tercia Lombard (sekretaris).

 “AfriForum stig die Bronberg-tak om die probleme wat inwoners ervaar, uit die weg te ruim. Die loodskomitee wil graag saam met die gemeenskap aan volhoubare selfdoenprojekte werk. Wanneer die gemeenskap saamstaan en hard werk, kan hulle ’n beter omgewing vir almal skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus met ’n maandelikse vrywillige bydrae aan, of stuur ’n SMS met die woord “Bronberg” na 45340 (R1). Raak deel van die AfriForum Bronberg-tak se Facebook-blad en klik op die volgende skakel https://www.facebook.com/groups/377415004563812/.

Soortgelyke plasings