AfriForum kla Malema aan oor aanhitsing om grond te beset


Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag strafregtelike klagtes van aanhitsing tot betreding teen Julius Malema by die Lyttelton Polisiestasie ingedien. Dít volg nadat Malema die afgelope naweek tydens die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se verjaarsdagviering sy ondersteuners aangehits het om wit mense se grond te gryp.
Luidens mediaberigte het Malema die volgende standpunt tydens sy toespraak ingeneem: “If you don’t have a piece of land you are a coward. Go and identify a piece of land anywhere you like. That is your land. In my ward in Seshego we did that. The owner came and said he had been listening and we could take half. If you don’t listen, you will lose the whole land. White land owners must share land.”
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat Malema een van die land se invloedrykste politici is en dat aanhitsing tot misdadigheid deur só ’n politieke figuur met die nodige erns aangespreek moet word.

“Ons verwag dat die polisie die saak deeglik sal ondersoek en dat die vervolgingsgesag die nodige stappe in hierdie verband sal neem.”

Soortgelyke plasings