| |

AfriForum leer kinders hoe om veilig te bly gedurende feesseisoen

AfriForum Gemeenskapsveiligheid het op 5 Desember ’n voorlegging aan kleuterskoolkinders in Durbanville gedoen wat hulle met wenke bemagtig oor hoe om veilig te bly tydens die feestyd.

Die sessie is deur verskeie kinders in die omgewing bygewoon en is by AfriForum se Durbanville-takkantoor aangebied. Die projek vorm deel van die #MyStraat-projek, wat deur AfriForum in die Wes-Kaap geloods is, en het ten doel om aktief betrokke te raak in die groter Durbanville-area.

AfriForum Gemeenskapsveiligheid is ook besig met ’n veiligheidsoudit van verskeie skole in Durbanville.

“Elke gemeenskap het sy eie uitdagings met betrekking tot veiligheidskwessies en daarom is dit belangrik om hierdie tipe opleiding op gemeenskapsvlak uit te voer,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

“Dit is uiters belangrik vir lede van die publiek om paraat te wees en om te weet hoe om op te tree tydens noodgevalle. Dus is dit ook belangrik om al op ’n vroeë ouderdom ’n bewustheid oor veiligheid by kinders te ontwikkel sodat hulle ook hulself kan beskerm,” sluit Broodryk af.

Soortgelyke plasings