AfriForum loods Rus in Vrede-veldtog in Danielskuil


As deel van die burgerregtewaghond AfriForum se Rus in Vrede-veldtog wat onlangs van stapel gestuur is, is ‘n skoonmaakaksie op 12 Augustus by die Danielskuil-begraafplaas gehou.
D­t volg nadat dié begraafplaas al vir ‘n geruime tyd in ‘n haglike toestand was en dit onveilig vir lede van die gemeenskap was om hul geliefdes se grafte te besoek. Hierdie AfriForum-inisiatief sal verseker dat die Danielskuil-begraafplaas weer skoon, veilig en toeganklik vir die gemeenskap sal wees.

“Die AfriForum-tak in Daniëlskuil is ‘n nuwe tak en sien daarna uit om nog sulke projekte te loods,” sê Marius Marais, voorsitter van AfriForum se Daniëlskuil-tak.
“Gemeenskappe kan ‘n aktiewe rol speel in die bepaling van hul toekoms deur betrokke te raak by selfdoenaksies. Inisiatiewe soos dié skep hoop in ‘n gemeenskap en is ‘n voorbeeld van hoe selfstandigheid deur gemeenskapslede bewerkstellig kan word,” sê Gonda Louw, AfriForum se streekskoördineerder vir die Noord-Kaap.

Buurtwag
Die tak se buurtwag gaan ook binne die volgende maand ‘n herhaler oprig wat radiokommunikasie vir die plaaslike buurtwag sal moontlik maak. Ons moedig lede van die gemeenskap aan om deel te word van die plaaslike buurtwag en sodoende veiligheid ‘n prioriteit maak.
 

Soortgelyke plasings