Jy mag jouself beskerm – AfriForum


Kol. Sabata Mokgwabone van die SAPD het inwoners van Coligny gemaan om nie privaat sekuriteitsdienste aan te stel nie, omdat dit die polisie se mandaat is om mense se lewens en eiendom te beskerm. AfriForum moedig mense egter aan om in gevalle waar die polisie in hul plig versuim om lewens en eiendom te beskerm, self binne die raamwerk van die reg op te tree deur by bestaande plaas- en buurtwagte aan te sluit of privaat sekuriteit te kontrakteer.

“Mense mag regtens van privaat sekuriteit gebruik maak of by buurtwagte aansluit om hulself en hul eiendom te beskerm. Tot dusver kon die polisie nie daarin slaag om die vrede in Coligny werklik te bewaar nie. Hoewel die polisie op grondvlak hul bes gedoen het om op te tree en die situasie nou rustig is, is daar gister nietemin vier huise afgebrand,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Soortgelyke plasings