AfriForum maak afvoerslote in Endicott skoon

 

AfriForum se Springs-tak het op 2 Desember 2017 in samewerking met die organisasie se Endicott-plaaswag verskeie verstopte afvoerslote in en rondom die omgewing skoongemaak. Die tak en plaaswag het tydens die aksie ook in die gebied gepatrolleer om bewusmaking en sigbaarheid onder gemeenskapslede te bevorder.
Dié skoonmaakaksie volg ná talle klagtes vanuit die gemeenskap oor die verstopte afvoerslote wat veral ná baie reën groot probleme en verkeersopeenhopings veroorsaak.
Plekke waar verstopte afvoerslote skoongemaak is, is die volgende:

  • v. Vierdestraat en Vyfdelaan; en
  • v. Vierdestraat en Sydneylaan.

Richardt Lubbe, voorsitter van AfriForum se Springs-tak, sê dit is verblydend om te sien hoe die gemeenskap en organisasies kragte kan saamsnoer om ’n verskil in dié dorp te maak.

Soortgelyke plasings