| |

AFRIFORUM MAAK MPUMALANGA SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat al die dorpe se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Mpumalanga se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Mpumalanga
AmersfoortPixley Ka Seme PMSkoonSkoonSkoon
BadplaasChief Albert Luthuli PMSkoonSkoon
BalfourDipaleseng PMSkoonSkoonSkoonskoon
BarbertonMbombela PMSkoonSkoonSkoon
BelfastEmakhazeni PMSkoonSkoonSkoonFekale kolivormige bakterieë en E. coliSkoonSkoonSkoonSkoon
BethalGovan Mbeki PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
BreytenMsukaligwa PMSkoonSkoonSkoon
CarolinaChief Albert Luthuli PMSkoonSkoon
Charl CilliersGovan Mbeki PMSkoonSkoonSkoonSkoon
ChrissiesmeerMsukaligwa PMSkoonSkoonSkoon
DelmasVictor Khanye PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
DullstroomEmakhazeni PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
ErmeloMsukaligwa PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
EvanderGovan Mbeki PMSkoonSkoonSkoon
GreylingstadDipaleseng PMSkoonSkoonSkoon
HendrinaSteve Tshwete PMSkoonSkoon
KaapsehoopMbombela PMSkoon
KrielEmalahleni PMSkoonSkoonSkoonSkoon
LeandraGovan Mbeki PMSkoonSkoonSkoonSkoon
LydenburgThaba Chweu PMSkoonSkoonSkoonHoë konsentrasies fekale kolivormige bakterieëSkoonSkoonSkoonSkoon
MachadodorpEmakhazeni PM5 kadmiumSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
MiddelburgSteve Tshwete PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
MorgenzonLekwa PMSkoonSkoonSkoonSkoon
NelspruitLekwa PMSkoonSkoonSkoonSkoon
OgiesEmalahleni PMSkoon
Piet RetiefMkhondo PMSkoonSkoonFekale kolivormige bakterieë en E. coliSkoonSkoonSkoonSkoon
Sabie SkoonSkoon
SecundaGovan Mbeki PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
StandertonLekwa PMKleur oorskry beperkings, maar water nie ongesond nieSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
StoffbergEmalahleni PMSkoon
SundraVictor Khanye PMSkoonSkoonSkoon
TrichardtGovan Mbeki PMSkoonSkoon
VolksrustPixley Ka Seme PMSkoonSkoonSkoon
WakkerstroomPixley Ka Seme PMSkoonSkoonSkoon
WitbankeMalahleni PM11 totale organiese koolstofSkoonFekale kolivormige bakterieë en E. coliSkoonSkoonSkoonSkoon
WitrivierMbombela PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen dertien rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Mpumalanga
PlekMunisipaliteit20132014201520162017201820192020
AmersfoortPixley ka Seme PMSkoon
BalfourDipaleseng PM>2 500Skoon
BelfastEmakhazeni PM19 000690 0005 200>2 400>5 000SkoonSkoon>1000
BethalGovan Mbeki PM450 000100 00050 000E. coli >1 000>1 000Kon nie toets nie (water loop nie deur aanleg nie)
Charl CilliersGovan Mbeki PMSkoonSkoon
DelmasVictor Khanye PMSkoon1 500Hoë fosfateSkoon
DullstroomEmakhazeni PM2 000SkoonSkoonSkoon>1000
ErmeloMsukaligwa PMSkoon310 000590 0001 500SkoonSkoon
EvanderGovan Mbeki PM>1 000>10 000
GreylingstadDipaleseng PMSkoonSkoon
KrielEmalahleni PM>1 500
LeandraGovan Mbeki PMSkoon>10 000
LydenburgThaba Chweu PM1 000 00073 400>1 0001 500Skoon>1 000Kon nie toets nie (water loop nie deur aanleg nie)
MachadodorpEmakhazeni PMSkoonSkoonFosfaat >10>1000
MiddelburgSteve Tshwete PMSkoon1 500Fosfaat >25Skoon>10 000
MorgenzonLekwa PM>1 500Skoon
NelspruitMbombela PMNitraat>25>1000
Piet RetiefMkhondo PM>1 000>1 000SkoonSkoon
Secunda (Kinross)Govan Mbeki PM2 000SkoonSkoon>1 000>10 000
Secunda(Trichardt)Govan Mbeki PM>1 000
StandertonLekwa PM100 00050 00030 000E. coli >1 000>10 000>10 000
VolksrustPixley ka Seme PMSkoon
WakkerstroomPixley ka Seme PMSkoon
WitbankEmalahleni PM4 000Hoë fosfaattelling>5 000>10 000
WitrivierMbombela PMSkoonSkoonSkoon

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik: Belfast, Bethal, Dullstroom, Evander, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Secunda (Kinross), Secunda (Trichardt), Standerton en Witbank. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se Distrikskoördineerder vir die Hoëveld distrik.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Pretorius af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van Mpumalanga om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45350 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings