| |

AfriForum se Bethlehem-tak vul slaggate as deel van #MyWoonbuurt-kompetisie

Die AfriForum-tak in Bethlehem het op 17 April ’n aksie voltooi waar hulle slaggate gevul het as deel van die organisasie se #MyWoonbuurt-kompetisie. Die tak het 1,2 ton teer (50 sakke) gebruik om slaggate in Barry de Kok-laan in die Panorama-woonbuurt te vul.

Die #MyWoonbuurt-kompetisie is in Maart vanjaar geloods om gemeenskappe te help om hul woonbuurte op te knap. Inwoners van die dorp kry die geleentheid om areas wat dringend aandag kort te nomineer en die gemeenskap stem dan vir die area wat die meeste aandag kort. Die Panorama-woonbuurt het in hierdie rondte die meeste stemme ontvang en daarom het die AfriForum-tak hulle gehelp om die probleem te takel.

“Daar sal verskeie geleenthede deur die jaar wees waar gemeenskappe kan deelneem aan die #MyWoonbuurt-kompetisie. Ons moedig gemeenskappe aan om te stem vir die aksie waarmee hulle hulp nodig het,” sê Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland. “Ons wil graag aksies dryf wat ’n positiewe impak in ons woonbuurte gaan hê en het daarom ook die ondersteuning van gemeenskapslede nodig om te help om hierdie probleme op te los.”

Hou die AfriForum-tak se Facebook- en WhatsApp-groepe dop vir die volgende geleentheid om te stem. Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Bethlehem-tak by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings