|

AfriForum maak Noord-Kaap se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Noord-Kaap se water getoets om die gehalte van dorpe in dié provinsie se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.

“Ons kon vasstel dat die dorpe se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Bloudruppelresultate

Dié resultate dui daarop dat al die dorpe van die Noord-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Plek Munisipaliteit 2014 2015 2016 2017 2018 2019
Buffelsrivier Nama Khoi PM Skoon
Douglas Siyancuma PM Skoon Skoon
Hopetown Thembelihle PM Skoon Skoon
Kakemas Ka Garib PM Skoon Skoon
Kathu Gamagara PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Kamiesberg Kamieskroon PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Keimoes Ka Garib PM Skoon Skoon
Kimberley Sol Plaatje PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Kuruman Ga-Segonyana PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Nababeep Nama Khoi PM Skoon
Orania Orania Dorpsraad Skoon Skoon
Postmasburg Tsantsabane PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Springbok Nama Khoi PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Upington Khara Hais PM Skoon Skoon Skoon
Vaalharts Phokwane PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Warrenton Magareng PM Skoon Skoon
Williston Karoo Hoogland PM Skoon

Groendruppelresultate

Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen twee van die rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Plek Munisipaliteit 2014 2015 2016 2017 2018 2019
Daniëlskuil Kgatelopele PM Skoon Skoon
Kathu Gamagara PM 17 000 Skoon Skoon Skoon Skoon
Kimberley Sol Plaatje PM Verwerp 1 500 Skoon >1 000
Kamiesberg Kamiesberg PM Skoon
Kuruman Ga-Segonyana PM Verwerp Skoon Skoon >1 000 Skoon
Nababeep Nama Khoi PM Skoon
Postmasburg Tsantsabane PM >10 000 >1 000 Skoon
Springbok Nama Khoi PM 1 250 Skoon Skoon >1 500 >1 000 <1 000
Upington Khara Hais PM Skoon >2 000 Skoon
Vaalharts Phokwane PM Skoon Skoon Skoon >1 000 Skoon
Williston Karoo Hoogland PM Skoon Skoon Skoon Skoon

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik die Sol Plaatjie Plaaslike Munisipaliteit en die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Smit.

Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van die Noord-Kaap se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 32532 (R1) om hierdie aksie te steun.

Soortgelyke plasings