|

AfriForum maak Noordwes se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Slegs een dorp in Noordwes waarvan die drinkwater getoets is, is nie skoon en drinkbaar nie. Coligny se drinkwater voldoen nie aan die standaard nie. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in Noordwes se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

PlekMunisipaliteit2019202020212022
Noordwes
BiesiesvleiDitsobotla PMSkoonSkoonSkoon
BloemhofLekwa-Teemane PMSkoonSkoonSkoonSkoon
BritsMadibeng PMFosfate >50 dpmLood en nitrateSkoonSkoon
ChristianaLekwa-Teemane PMSkoonSkoonSkoonSkoon
ColignyDitsobotla PMSkoonSkoonSkoonNie op standaard nie
DelareyvilleTswaing PMNitrate >25 dpm; fosfate >25 dpmNitrateSkoonSkoon
Groot-MaricoRamotshere Moiloa PMSkoonSkoonSkoonSkoon
HartbeesfonteinStad Matlosana PMSkoonSkoon
HartbeespoortMadibeng PMSkoonSkoonSkoon
KlerksdorpStad Matlosana PMSkoonSkoonSkoonSkoon
KosterKgetlengrivier PMSkoonSkoonSkoonSkoon
LeeudoringstadMaquassi HillsSkoonSkoonSkoon
LichtenburgDitsobotla PMSkoonSkoonSkoonSkoon
MahikengMahikeng PMSkoonSkoonSkoon
MakwassieMaquassi Hills PMSkoonSkoonSkoon
MooinooiMadibeng PMSkoonSkoonSkoonSkoon
OrkneyStad Matlosana PMSkoonSkoonSkoonSkoon
OttosdalTswaing PMSkoonSkoonSkoonSkoon
PotchefstroomJB Marks PMSkoonSkoonSkoonSkoon
RustenburgRustenburg PMSkoonSkoonSkoonSkoon
SannieshofTswaing PMFosfate >25 dpmFosfate en fekale kolivormige bakterieëSkoonSkoon
Schweizer-RenekeMamusa PMSkoonSkoonSkoonSkoon
StellaNaledi PMNitrate >100 dpmNitrateSkoonSkoon
StilfonteinStad Matlosana PMSkoonSkoonSkoonSkoon
SwartruggensKgetlengrivier PMSkoonSkoonSkoonSkoon
VentersdorpVentersdorp PMSkoonSkoonSkoon
VryburgNaledi PMSkoonSkoonSkoonSkoon
WolmaransstadMaquassi Hills PMSkoonSkoonNitrate is hoogSkoon
ZeerustRamotshere Moiloa PMSkoonSkoonSkoon
Ander
BuffelspoortMadibeng PMSkoonSkoonSkoonSkoon
Potchefstroom-kampus (Pukke)Noordwes-UniversiteitSkoonSkoonSkoonSkoon

“Ons kon vasstel dat Biesiesvlei, Bloemhof, Brits, Christiana, Delareyville, Groot Marico, Hartbeespoort, Klerksdorp, Koster, Lichtenburg, Mooinooi, Orkney, Ottosdal, Potchefstroom, Rustenburg, Sannieshof, Schweizer-Reneke, Stella, Stilfontein, Swartruggens, Ventersdorp, Vryburg en Wolmaransstad se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 17 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

PlekMunisipaliteit2019202020212022
BiesiesvleiDitsobotla PM>10 000>10 000
BloemhofLekwa-Teemane PM>1 000>1 000>1 000
BritsMadibeng PMSkoon>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
BuffelspoortMadibeng PMSkoon>10 000
ChristianaLekwa-Teemane PM>10 000>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
ColignyDitsobotla PM>100 000>10 000>10 000Nie toelaatbare standaard
DelareyvilleTswaing PMSkoon>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
Groot MaricoRamotshere Moiloa PM>1 000>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
HartbeesfonteinMatlosana PMNie toelaatbare standaard
HartbeespoortMadibang PMSkoon>1 000>1 000
KlerksdorpMatlosana City PM>1 000>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
KosterKgetlengrivier PM>1 000>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
LichtenburgDitsobotla PM>50 000>1 000>10 000Nie toelaatbare standaard
MahikengMahikeng PM>10 000>10 000
MooinooiMadibeng PM>5 000>1 000SkoonNie toelaatbare standaard
PotchefstroomTlokwe PMSkoon>10 000>1 000Nie toelaatbare standaard
RustenburgRustenburg PM>5 000Skoon>10 000Nie toelaatbare standaard
SannieshofTswaing PMSkoon>1 000
Schweizer-RenekeMamusa PM>10 000Skoon>1 000
StellaNaledi PM>1 000>1 000
StilfonteinMatlosana City PM>1 000>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
SwartruggensKgetlengrivier  PM>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
VentersdorpVentersdorp PM>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
VryburgNaledi PM>1 000>10 000>10 000Nie toelaatbare standaard
WolmaransstadMaquassi HillsSkoonSkoonSkoonNie toelaatbare stanaard
ZeerustRamotshere Moiloa PM>10 000>1 000Skoon

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Nel af.

“Dit is ook duidelik uit die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se blou-en-groen-druppelverslag dat daar rede tot kommer is in Suid-Afrika. Hoewel die toestand van die krag in Suid-Afrika erg en uitdagend is, kan dit nie vergelyk met die waterkwessie waarop Suid-Afrika afstuur nie,” sê Lambert de Klerk, bestuurder vir Omgewingsake by AfriForum.

AfriForum sal ook sodra die departement hulle nuutste verslag bekendmaak dit noukeurig deurwerk en moniteer.

As die bewaarder van water kom die DWS nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie.  Dit is van kardinale belang dat ons sonder ophou die gehalte van ons drink- en rioolafvalwater toets. Ons moet dié lewensbelangrike bron beskerm.

AfriForum versoek inwoners van Noordwes om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “skoon water” na 45344 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings