AfriForum na KZN-premiersberaad genooi

AfriForum was een van die organisasies wat uitgenooi is om verlede week ’n beraad in KwaMashu, Durban, by te woon wat deur Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, aangebied is. Verskeie burgemeesters vanuit dié provinsie, asook LUR’s en gemeenskapsleiers – waaronder leiers uit die Khoisan-gemeenskap – het dié beraad bygewoon.

Volgens Mchunu is hierdie die eerste van vele platforms waar gemeenskappe hul insette kan gee en verdere platforms word op plaaslike vlak beoog.

“AfriForum waardeer die uitnodiging en voel dit is uiters belangrik dat alle sfere van die samelewing die geleentheid gegun word om insette te lewer. Ons stem saam met die premier as hy sê dat KwaZulu-Natal vanuit verskeie rassegroepe gevorm word en dat ons saam ’n weg moet vind om dit ’n beter provinsie te maak,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se streekskoördineerder vir KwaZulu-Natal. “AfriForum beoog dus om aan die volgende berade deel te neem en deurlopend ons insette te lewer.”

Soortgelyke plasings