|

AfriForum neem regsaksie om deursigtigheid met Eskom kontrakte te verseker

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n openbare toegang tot inligting aansoek (PAIA) op Eskom beteken. In die aansoek eis AfriForum inligting oor aktiewe kontrakte wat die nasionale kragverskaffer tans met verskeie diensverskaffers het, insluitend steenkoolverskaffers asook vervoermaatskappye wat die steenkool aanry.

Volgens die organisasie laat die regering se baanrekord met betrekking tot die bestuur van staatsbeheerde maatskappye, veel te wense.

“Staatsbeheerde maatksappye het nou al sinoniem met korrupsie en wanbestuur geword en ons sal glad nie verbaas wees as die uitdeel van kontrakte aan onbevoegde diensverskaffers, met politieke bande, een van die groot bydraende faktore tot die land se beurtkrag krisis is nie,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake.

“Die inligting wat ons poog om te bekom met hierdie aansoek, sal ons in staat stel om verdere stappe teen korrupte en onbevoegde amptenare en diensverskaffers te neem. Ondanks beurtkrag, behoort Eskom as staatsentiteit nie Suid-Afrika in die donker te hou oor hoe hy kontrakte en tenders uitdeel nie,” sluit Mostert af.

Soortgelyke plasings