AfriForum oorweeg regsoptrede teen Malema-rassisme


Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan met sy regspan konsulteer oor moontlike regsoptrede teen die EFF en dié organisasie se leier, Julius Malema, ná rassistiese uitsprake wat Malema die afgelope naweek tydens ‘n politieke byeenkoms gemaak het.
Malema het onder meer gesê dat wit mense bly moet wees dat die EFF nie vir ʼn volksmoord vra nie.
Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat hierdie uitsprake gesien moet word binne die konteks van Malema se vroeëre uitspraak dat die EFF “nog nie” ’n beroep op volksmoord teen wit mense doen nie.

“Die EFF se uitsprake is blatant rassisties en kwetsend,” sê Roets. AfriForum het vroeër vanjaar ʼn klag van haatspraak teen die EFF ingedien nadat ondersteuners van dié party ’n lied met die woorde “white man, you must die” en “shoot to kill the Boere” gesing het. Die EFF se leierskap het dié lied in die openbaar verdedig en bygevoeg dat hulle trots is op hul lede se optrede.

Soortgelyke plasings