AfriForum-privaatvervolgingseenheid by borgtogaansoek in saak van vermiste Liyaqat Mentoor


Die burgerregte-organisasie AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag die familie van die vermiste Liyaqat (Lee) Mentoor ondersteun tydens Onke Mashinini, die beskuldigde, se borgtogaansoek – wat op grond van nuwe feite ingedien is –om sodoende te verseker dat reg en geregtigheid geskied.
Lee is laas op Vrydag 16 Maart 2018 na bewering buite sy ouma se huis in Roodekrans gesien.
Die Mentoor-familie het AfriForum se privaatvervolgingseenheid genader aangesien hulle gevoel het dat die polisie tot op hede nog nie ’n behoorlike ondersoek gedoen het om vas te stel wat met die driejarige Lee gebeur het nie.

“Die borgtogaansoek is tot 18 Julie uitgestel. Ons dink nie dat die uitstel negatief is nie, want dit gee die polisie ’n verdere drie weke om met die ondersoek voort te gaan. Ons het vandag met brigadier Louw vergader en het vertroue dat die saak nou die nodige aandag geniet. Ons sal dit egter moniteer en die familie aanhou ondersteun. Ons doel is om toe te sien dat geregtigheid geskied,” sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Soortgelyke plasings