|

AfriForum se Belfast-tak help om dorp skoon te hou

Die AfriForum-tak in Belfast-tak het op 10 Februarie 2022 kentekens op die tien asblikke aangebring wat die tak verlede jaar by verskeie sleutelpunte in die dorp opgerig het. Die tak wil bewusmaking hierdeur bevorder en plaaslike inwoners by die skoonmaakprojek betrek.

Hierdie volhoubare skoonmaakprojek is van stapel gestuur om die ernstige rommelprobleem in die dorp die hoof te bied en dié asblikke word daagliks skoongemaak.

“Ons neem met groot opgewondenheid waar dat ’n aansienlike verbetering in die dorp plaasgevind het vandat ons die asblikke opgerig het. Die sentrale sakekern is heelwat skoner en ons is trots om te noem dat ons projek tot dusver baie suksesvol is,” sê David Spöhr, voorsitter van AfriForum se Belfast-tak.

“Alhoewel Belfast verskeie uitdagings het, is dit verblydend om te sien hoe die taklede besluit het om die probleme vol stoom aan te pak en dit suksesvol met volhoubare projekte op te los. Ons sien uit om vanjaar nog verskeie projekte in die gemeenskap van stapel te,” sê Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld. AfriForum se Belfast-tak nooi lede van die publiek uit om deel te word van die projek om sodoende projekte verder suksesvol te bedryf. Sluit vandag nog by dié tak aan: SMS “Belfast” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings