|

AfriForum se Bethal-tak herstel slaggate

Die AfriForum-tak in Bethal het op 12 Oktober 2021 slaggate in Van der Stellaan herstel as deel van die tak se Ons dorp-projek. Die Ons dorp-projek is ’n projek wat AfriForum van stapel stuur waartydens AfriForum-takke landswyd projekte aanpak om probleme in die onderskeie dorpe uit die weg te ruim.

Die Bethal-tak het 180 sakkies teer gebruik om die slaggate te herstel. Hierdie projek is aangepak met behulp van teerskenkings wat van die gemeenskap ontvang is.

“Ons sit moedig die stryd voort teen vervalle strate in Bethal en beoog om die projek binnekort in Hoëveldlaan en ander dele van die dorp waar ons hulp gevra is, voort te sit,” sê Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Bethal-tak betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings