|

AfriForum-buurtwag patrolleer om Nelspruit te beveilig

AfriForum se Nelspruit-buurtwag het op 12 Oktober 2021 patrollie in West Acres in Nelspruit gery nadat daar ’n toename in misdaad opgemerk is. ’n Groot hoeveelheid kommunikasietoerusting is ook die afgelope tyd deur misdadigers in die Laeveld beskadig.

Buurtwaglede het spesifiek aandag geskenk aan huise waar hekke oopgestaan het en het die eienaars daarvan verwittig. Hulle het ook die selfoontorings besoek om te verseker dat die persele veilig is. Alle verdagte optrede is by die nodige maatskappye en eienaars aangemeld sodat misdadigers nie so maklik kan toeslaan nie.

“Ons sal aanhou om die gemeenskap te dien. Hierdie patrollies is belangrik, mense is moeg ná ’n lang dag se werk en vergeet soms om hulle hekke toe te maak en te sluit. Juis daarom klop ons aan en maak seker dat hulle eiendomme veilig is,” sê Devon McCullough, leier van AfriForum se Nelspruit-buurtwag.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings