| |

AfriForum se Bloemhof-tak help gemeenskap met kosvoorraad tydens staat van inperking

AfriForum se Bloemhof-tak het op 28 en 30 Maart 2020 voedsel aan minderbevoorregte gesinne geskenk. Dié tak het 200 kg meel, 60 kg vleis en 15 sakke aartappels aan bykans 40 hulpbehoewendes verskaf. Van die kos is ook aan die plaaslike welsynsorganisasie Huis Hananja geskenk.

“Dit is noodsaaklik dat ons in tye soos dié saamstaan om minderbevoorregtes by te staan. Dankie aan die inwoners van Bloemhof wat regtig hul harte oopgemaak het,” sê Willem van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Bloemhof-tak.

Die gemeenskap word uitgenooi om deel te word van die projek om sodoende meer gesinne by te staan. Kontak vir Van Vuuren by 082 322 4646 om betrokke te raak.

“Ons nooi ook plaaslike ondernemings uit om deel te word van die AfriForum Netwerk. Lys jou onderneming gratis by https://www.afriforumnetwerk.co.za/lys-onderneming/.”

Soortgelyke plasings