|

Groter Moot-tak hou maandelikse skoonmaakprojek saam gemeenskap

AfriForum se Groter Moot-tak het oor die naweek ’n projek saam met die gemeenskap van stapel gestuur en aan die suidekant van die spruit skoongemaak.

Hierdie tak het die inisiatief begin om een keer per maand saam met die gemeenskap ’n skoonmaakprojek te hou. Daar word beoog om volgende maand die noordekant van die spruit aan te pak.

“Die gemeenskap het werklik hande gevat om ’n sukses van die skoonmaakprojek te maak. Baie dankie aan almal wat hierdie projekte moontlik maak. Ek wil die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by AfriForum se Groter Moot-tak en ander aksies wat die omgewing beveilig en verhef,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir Pretoria-Noord.

Om by AfriForum se Groter Moot-tak aan te sluit, laai die Telegram-toep af en soek @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot)  of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings