|

 AfriForum se buurtspan ry noorde van Pretoria plat om dit op te knap

AfriForum se Noord van die berg-buurtspan het verlede maand dié deel van Pretoria behoorlik platgery om die omgewing skoon en netjies te hou. Gedurende Augustus het hierdie buurtspan altesaam 721 km afgelê om te verseker dat oop grasvelde en sypaadjies in Pretoria-Noord intoom gehou word en dat inwoners nie onder rommel begrawe word nie.

Ná die buurtspan se deeglike werk het hulle aan die einde van die maand altesaam 409 vullissakke gevul en 63 vragte rommel weggery. In geheel het die span 4,2 hektaar gras gesny en 12 plaaslike parkies instandgehou deur die gras te sny en rommel op te tel.

Dié broodnodige onderhoudswerk is egter nie al wat AfriForum se Noord van die berg-buurtspan in Augustus vermag het nie. Hierdie span het ook 390 onwettige advertensies aan die kant van die pad verwyder en hul moue opgetrek om altesaam 16 slaggate op te vul.

“Die Noord van die berg-tak het weereens bewys dat hy ’n belangrike en nodige rol in die gemeenskap speel. Hierdie span vrywilligers is werklik besorg oor die welstand van die omgewing en vooruitgaan van die gemeenskap, daarom sal hulle voortgaan om hierdie broodnodige dienste te lewer,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings