|

Nuwe Kammanassie-plaaswag slaggereed vir feesseisoen

Die burgerregteorganisasie AfriForum se nuwe Kammanassie-plaaswag is slaggereed om die landelike gebied rondom George hierdie feesseisoen te beskerm. Dié plaaswag bestaan uit plaaslike boere wat nou eienaarskap neem van hierdie gemeenskap se veiligheid. Die stigting van die Kammanassie-plaaswag op 6 Desember vanjaar volg nadat hierdie afgeleë gebied die afgelope tyd ernstige uitdagings ten opsigte van veral veediefstal en dwelmhandel ondervind het.

Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap, sê AfriForum is opgewonde oor die stigting van hierdie nuwe plaaswag en meen die stigting benadruk hierdie gemeenskap se bereidwilligheid om daadwerklik teen misdaad op te tree. “Ons gaan nie rondsit en wag vir iemand om ons te red nie – niemand behalwe onsself gaan ons gemeenskappe beskerm nie,” verduidelik Erasmus.

Die plaaswag se bestuur bestaan uit George Martin (plaaswagleier), Caevert Barkhuizen (operasionele spanleier), Amanda Martin (inligtingspanleier) en Stefan Smith (steunspanleier). Neels Nortjé en Johan Jubelius is verkies as sektorleiers.

Sluit aan by dié plaaswag om saam teen misdaad op te staan. Stuur ’n e-pos na marthinus.erasmus@afriforum.co.za of skakel Erasmus by 081 216 9602.

Soortgelyke plasings