|

AfriForum se Christiana-tak verkies nuwe bestuur

AfriForum se Christiana-tak het op 26 Februarie 2020 ’n nuwe bestuur verkies.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Hennie Badenhorst (voorsitter), Hugh Jacobs (ondervoorsitter), Heidi Fourie (tesourier), Bianca van der Westhuizen (sekretaris), Machiel Reinecke (plaaslikeregeringsake) en Coenie Kriek (veiligheidsvoorsitter).

“Ons is trots om deel van AfriForum te wees en besef watter groot verantwoordelikheid op ons skouers rus. Saam gaan ons ’n groot verskil in die dorp maak,” sê Badenhorst. “Die tak gaan op veiligheidskwessies, swak dienslewering, omgewingsprobleme en gemeenskapsgedrewe projekte fokus.”

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap van Christiana om by dié tak in te skakel. Met jóú hulp kan AfriForum se Christiana-tak ’n daadwerklike verskil maak. SMS “Christiana” na 45351 (R1) om aan te sluit.

Soortgelyke plasings